|
|
Was R125.95Now R107.06(eB 1071)
Delivery time: Usually within 5 working days. Format: CD
Product code: ODY 020 Origin: Local Audio Encoding: PCM Audio
Afri-frans
Artist(s): Various Artists
Was R125.95 Now R107.06
Hierdie album is die eerste van ‘n reeks CD’s wat gemik is daarop om ons Afrikaanse musiek toeganklik te maak vir die buitewêreld. Deur ons gunsteling musiek te vertaal na ander wêreldtale, blaas ons nuwe lewe in ons eie kultuur, hoor ons dieselfde verhale met nuwe ore en gee ons dus nuwe lewe aan liedere wat ons lewens die afgelope dekades verryk het.” So, skryf Matthys Maree oor sy voortreflike breinkind – AFRI-FRANS die CD.
Dié "clean cut" boerseun, Matthys Maree, formidabele jazz pianis, verwerker, klankingenieur en entrepreneur se vindingrykheid tref dan voorwaar in die kol met die Afrikaanse publiek se liefde vir die eksotiese, en veral die romantiek, verbonde aan die kultuur van Frankryk.
Die Paryse nagtegaal, Maud Myra, is deur die Switserse opname regisseur Matthias Heimlicher aan Maree voorgestel. In presies een en ‘n halwe dag het sy, by die einste Switserse opname ateljee, al dertien snitte opgeneem van musiek wat sy in haar lewe nog nooit gehoor het nie. Ondersteun deur Maree se aangrypende verwerkings, maak sy ons liedjies ewe sjarmant haar eie en klim tot binne in jou siel daarmee.
Dis voorwaar omtrent die adel van SA musici wat skouers skuur op hierdie album met name soos Mauritz Lotz (ghitaar) en Susan Mouton (tjello). Op die viole is daar, Annake de Villiers, Evert van Niekerk en Jacques Fourie. Dennis Lalouette (kontrabas), Vinnie Henrico (perkussie) en natuurlik ook Matthys Maree self op die klavier en trekklavier.
Hierdie elegante produk bied luistergenot wat jou tone laat krul! Dis voorwaar sjiek agtergrond musiek vir gesellige aande met vriende en wyn, terwyl jyself met die Franse cuisine flankeer in die kombuis! Disc 1 1. Enfants Que Vent Emporte 2. Cabane Dans L'Orage 3. Tonton a Vait Une Ferme En Afrique 4. Le Piano De Lisa 5. Jeannot 6. Epis D'eau 7. Chanson Du Vent 8. Au Loin Les Collines Ne Changent Guere 9. Cote Atlantique 10. Priere 11. Tout Bleu 12. Bas Karoo 13. Qui Sait?
Fields marked with an asterisk (*) are required
|
|
|
|
 |  |  |