|
|
Now R119.95(eB 1200)
Delivery time: Usually within 4 working days.
Format: CD Rom
Ons Wonderlike Ruimte
Now R119.95
Jy word uitgenooi na die ruimte. Na die statige rondomtalies van die planete en die ontsaglike malings van die galaksies. Reis verby komete en asteroïdes en glimmende gaswolke tot by die blikkerende sonne van die heelal. Of vaar selfs regdeur die eindelose speke van wielvormige sterrestelsels tot in die gitswart putte van gravitasiekolke. Lees hoe die spannende ruimte-wedloop tussen Amerika en gewese Sowjet-Unie destyds verloop het. Beleef die epogmakende maanlandings van die ruimtevaarders van die Apollo-program, of gaan veel verder terug in die geskiedenis en leer hoe ruimtevaart uit die Chinese se vuurwerk-pyle van eeue gelede ontwikkel het...
Baie van die foto’s en illustrasies op die CD-ROM is spesiaal in ekstragroot formaat bekom. Dit is ’n keur van wat sterrekundiges en ruimtevaarders in die afgelope halfeeu van ruimtevaart oor en in die ruimte ervaar het. Astronomiese nuwe ontdekkings met hoogs gevorderde teleskope laat ons boonop vandag haas ongelooflike dinge in die waarneembare heelal sien. Vorige geslagte was dit nooit beskore nie. Ook dit is op hierdie CD-ROM.
Kortom, Ons Wonderlike Ruimte is nie net ideaal vir leerders se skooltake nie. Dit is ook ’n kyksensasie en ’n moet vir elkeen wat in die ruimte belang stel. Nie verniet dat opvoedkundiges dit so sterk aanbeveel nie.
- renderer
- Kalahari_Fade_Renderer
- numRecs
- 4
- -rec-builder
- Kalahari_Four_Across_Mashup
- dataItems
-
- mainRole
- mainRoleEng
- WasPrice
Fields marked with an asterisk (*) are required
|
|
|
|
 |  |  |