|
|
Gebed van die hart: Word stil en beleef God
Was R85.95Now R68.76(eB 688)
Delivery time: Usually within 3 working days. Country: South AfricaFormat: Softcover
Publisher: Lux Verbi BMISBN: 9780796300898 Publication date: June 2002 Length: 22mm Width: 15mm Thickness: 1mm Weight: 275g Edition: 2.00 Pages: 192 First published: 2004
Gebed van die hart: Word stil en beleef God
Author: Willem Nicol
Was R85.95 Now R68.76
Hierdie boek herwin die beproefde Christelike ervaring. Help jou om jou stilword in God te verleng en te verdiep en daarvan 'n groter avontuur te maak. God wag reeds in jou hart om jou met onuitspreeklike geskenke te oorlaai Een van die middele wat God gebruik om gelowiges se lewe al meer te vul, is die tyd wat ons in stilte alleen met Hom deurbring. Ons besige programme en ons malende en dwalende gedagtes gee ons nie kans om werklik in ons gebede op God te fokus nie. Dit is 'n algemene klagte... Dié boek stof egter die ou-ou geheim af: Rus in God en wat Hy reeds in jou doen. Hierdie boek herwin die beproefde Christelike ervaring. Dit neem jou op 'n reis: terug op die ou oopgetrapte paadjies wat ons geestelike vaders en die Hervorming in ons kerk gevolg het. Die pad van praktiese toewyding aan God. Dit help jou om jou stilword in God te verleng en te verdiep en daarvan 'n groter avontuur te maak - waarin God voortdurend al die dele van jou lewe kan omvorm. Die nederigheid én die passie van hierdie manier van stilword kan seker nie sterkter gestel word nie as in die bede van Calvyn wat ook dié boek, Gebed van die hart, stempel: 'My hart, asof geslag, bring ek aan die Here as offer' Jou gebedslewe, nee, jou ganse lewe elke dag, sal na hierdie gebed van die hart nooit weer dieselfde kan wees nie.
Fields marked with an asterisk (*) are required
|
|
|
|
 |  |  |