|
|
Was R165.00Now R148.50(eB 1485)
Delivery time: Usually within 3 working days.
More buying options:
1 new
from
R148.50 | 1 used
from
R100.00
Average customer rating:
Country: South AfricaFormat: Softcover
Publisher: Tafelberg Publishers LtdISBN: 9780624046851 Publication date: June 2009 Weight: 416g Pages: 332
Thula-thula
Was R165.00 Now R148.50
Thula-thula (“sjuut-sjuut”) speel oor vier dae af, maar die verhaal van die plaaskind Gertruida wat deur haar pa, Abel, gemolesteer word, word by wyse van terugflitse oor 22 jaar vertel.
Hierdie roman is een wat net geskryf móés word. Thula-thula lewer belangrike bydrae tot die oopskryf van ernstige sosiale kwessie wat soveel lewens verwoes: kindermolestering. Anchen Troskie vertel (onder die skuilnaam Elbie Lötter) haar eie verhaal in Dis ek, Anna, maar Annelie Botes se verhaal oor dieselfde onderwerp is veel, veel beter – al skryf sy nie uit eie ervaring nie. “Uitmergelende” navorsing was daar wel, vertel die skrywer in onderhoude. Punt is: Botes kán storie vertel.
Die roman is nie vir sensitiewe lesers nie. Die omslag met sy falliese simbool ( groot rooi vetkryt) en ’n ouderdomsbeperking van 18 jaar sê dit reeds. Die skrywer praat reguit. Gertruida verwys na haar “pietermuis” en na “slurpie”, maar die seksuele beskrywings is dikwels grafies. Niks is oorbodig nie, want só ervaar die leser die absoluut skreiende vernedering en pyn waardeur die hoofkarakter gaan.
Fields marked with an asterisk (*) are required
|
|
|
|
 |  |  |