|
|
Suster Lilian Se Swangerskap - En Geboorteboek
Was R164.95Now R140.21(eB 1402)
Delivery time: Usually within 3 working days. Country: South AfricaFormat: Softcover
Publisher: Human & Rousseau (Pty) LtdISBN: 9780798145152 Publication date: September 2005 Length: 245mm Width: 171mm Edition: 1 Pages: 304
Suster Lilian Se Swangerskap - En Geboorteboek
Author: Suster Lilian
Was R164.95 Now R140.21
Met hierdie wonderlike titel rus the skrywer verwagtende ouers toe met alles wat hulle maar kan wil weet omtrent swangerskap en geboorte. Met hierdie wonderlike titel rus the skrywer verwagtende ouers toe met alles wat hulle maar kan wil weet omtrent swangerskap en geboorte. Aangesien voorgeboortelike sorg ideaal reeds lank voor bevrugting begin, bespreek sy die regte maniere om vir swangerskap voor te berei sodat die ouers kan verseker wees hulle verwek die gesondste baba moontlik. Die moeder se gesondheid, haar persoonlikheid, die ouers se verhouding, hul emosionele intelligensie, ouderdom en vrugbaarheidsfaktore word van nader beskou. Sy lei die ouer deur elke stadium van die swangerskap self. 'n Meer intieme kennis van die groei en ontwikkeling van die baba, laat hulle meer betrokke voel by hierdie haas ongelooflike proses en maak hulle ook meer bewus van hoe hulle hierdie ontwikkeling kan beinvloed. Hierdie kennis help om ongegronde vrese te besweer, bemagtig hulle om die regte keuses uit te oefen, en help om swangerskap 'n aangename ervaring te maak. Die skrywer voel dat die geboorteproses, die gebeurtenis waarop ouers gewag het deur die lang weke van die swangerskap, meer natuurlik kan geskied as die unieke eienskappe van die moeder wat gaan geboorte skenk in gedagte gehou word. Sy kyk na al die opsies, en beveel 'n natuurlike geboorte aan waar alles wel is met die moeder en die baba, maar waar mediese ingryping of 'n keisersnee aangewese is, is dit die beste uitweg. Sy rus die nuwe moeder ook toe met die nodige kennis om die versorging van die pasgebore baba te vergemaklik.
Fields marked with an asterisk (*) are required
|
|
|
|
 |  |  |