|
|
Now R82.45(eB 824)
Delivery time: Usually within 5 working days. Average customer rating: Country: South AfricaFormat: Softcover
Illustrator: Tanja JoubertPublisher: Human & Rousseau (Pty) LtdISBN: 9780798142809 Publication date: July 2002 Length: 230mm Width: 168mm Weight: 0g Edition: 1 Pages: 146 Readership: Children
Stoutsterte
Author: Marianna Brandt
Now R82.45
In die gat onder die vloer van meneer Grootbroek se eetkamer hoor Pieta van Sterten die eerste keer van Jan van Riebeeck se beplande vertrek na ’n nuwe land. Daar en dan besluit hy, hulle gaan saam. Texel is nie die plek vir koulike muise nie. So klim Pieta en sy vrou Leentjie en hul neef, Koot Kaas en sy verwagtende In die gat onder die vloer van meneer Grootbroek se eetkamer hoor Pieta van Sterten die eerste keer van Jan van Riebeeck se beplande vertrek na ’n nuwe land. Daar en dan besluit hy, hulle gaan saam. Texel is nie die plek vir koulike muise nie. So klim Pieta en sy vrou Leentjie en hul neef, Koot Kaas en sy verwagtende
vrou Ellie, die oggend van 25 Desember 1651 op die Drommedaris – met sterre in hul oë en hoop op ’n gesonder lewe in die land van sonskyn. Maar o, wee, gou het die gevare op die skip die sterre uitgedoof. ’n Wreedaardige gemmerkat en ’n wraaksugtige papagaai patroleer die kombuis, ’n seerowerrot maak sy verskyning en terroriseer die klein Kaasies. Maar muis se kinders laat hulle nie onderkry nie en beleef uiteindelik die wonderlikste avonture wat enige muiskind net van kan droom.
’n Heerlike humoristiese storie wat, tesame met die uitsonderlike illustrasies, ’n geskiedkundige reis vir jonk en oud toeganklik maak.
Write a review for this productRate this product
Stoutsterte maak geskiedenisReviewed by Mev Amourie Wortmann from Centurion on 10 May 2007 147 of 294 people found the following review helpful: In 'n land waar geskiedenis dikwels baie eensydig aangebied word is hierdie boek ideaal vir kinders tussen 8-12 om geskiedenis met "moedersmelk" in te kry. Dit is opwindend geskryf en gee geskiedkundige feite en name prettig weer sodat leer nie meer na leer voel nie. Kinders maak kennis met Jan van Riebeeck maar ervaar nie daardie stowwerige gevoel wat dikwels gebeur wanneer ons geskiedenisfigure in boeke leer ken nie. Dit is 'n lekker boek vir die oorgangslesertjie tussen volkleurprentboeke en swart en wit prente. Na die eerste een moes die tweede een onmiddellik aangeskaf word. Was this review helpful?
Fields marked with an asterisk (*) are required
|
|
|
|
 |  |  |