|
|
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Was R220.00Now R187.00(eB 1870)
Delivery time: Usually within 3 working days. Country: South AfricaFormat: Softcover
Publisher: PHAROSISBN: 9781868900350 Publication date: September 2004 Length: 222mm Width: 152mm Edition: 1 Pages: 500
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Author: Anton F. Prinsloo
Was R220.00 Now R187.00
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom is ’n boek vir ’n ieder en ‘n elk. Vir leerders, onderwysers, ouers; vir kletskouse en langasemsprinkane wat elke dag dieselfde deuntjie sing (of skielik met ’n bek vol tande staan); vir skrywers wat sake helder voor die gees moet roep; vir elkeen wat Afrikaans in al sy geur en kleur wil gebruik. Of jy nou kopkrap oor die regte woorde, kopstukke wil gesels, iemand die leviete voorlees of knoop soos ’n matroos. Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste én minder bekende uitdrukkings ontstaan het.
Waar kom padda in die keel vandaan? Hoekom het boontjie sy loontjie gekry? Van waar het Dawid gekom om die wortels te grawe? Waarom moes Ferreira sy goed vat en trek? Wat doen Kolmuis as sy wasgoed vreet? Vir die eerste keer word verklaar hoekom grappies op ’n stokkie kom, Maandae blou is, hoe jy iemand iets in die skoene kan skuif. En dit is net die oortjies van die seekoei.
Meer as 8 000 idiome en uitdrukkings (“die siel van Afrikaans”)
Interessante stories en brokkies oor die herkoms van sowat 1 000 bekende en minder bekende spreekwoorde, tipografies geskei van die hoofinskrywing self, sodat die boek nie net nuttig vir studente is nie, maar ook vermaaklik vir snuffellesers.
Bevat hedendaagse Afrikaanse uitdrukkings wat nog nêrens anders verskyn nie, soos: met die handsak geklap wees, nie sodat jy dit sal agterkom nie, ’n hond uit ’n bos praat, die bal skop voor die fluitjie geblaas het, ’n oorstootdrie druk, net die oortjies van die seekoei, en baie meer.
Ook die herkoms van verouderde en verouderende, selfs eg Nederlandse inskrywings, is nagespoor, omdat talle daarvan nog in ouer Afrikaanse tekste leef en nie deur bestaande handwoordeboeke verklaar word nie, soos om prat te gaan op iets, iets op ’n prik te ken, rapat te wees.
By elke inskrywing word die Engelse ekwivalent gegee.
Gidswoorde dui aan waaroor elke spreekwoord gaan.
In ’n omvattende indeks agterin word die gidswoorde alfabeties gelys, sodat iemand wat ’n spreekwoord oor ’n spesifieke onderwerp soek, maklik en vinnig al die inskrywings oor die betrokke onderwerp kan naslaan.
Omslag- en letter-illustrasies deur Piet Grobler
Fields marked with an asterisk (*) are required
|
|
|
|
 |  |  |