|
|
Country: South AfricaFormat: Softcover
Publisher: Tafelberg Publishers LtdISBN: 9780624042877 Publication date: July 2005 Length: 213mm Width: 137mm Edition: 1 Pages: 350
Self
Author: Linda Friedland
Please visit us again to check if it has become available
In Self wys Linda Friedland Suid-Afrikaanse vroue hoe om voluit te lewe. Ruim toegelig met ware lewenservarings (insluitend dié van dr. Friedland), vraelyste en weeklikse praktiese planne, is dié boek ’n inspirerende handleiding tot selfverbetering. Die boek bemagtig vroue om beheer te neem oor ses essensiële aksie-areas, naamlik Bemagtig, Omhels, Eet, Oefen, Energie en Verryk. In Self lê die bekende mediese dokter, dr. Linda Friedland, ’n bloudruk voor aan vroue vir ’n buitengewone lewe. Die boek leer lesers om beheer te neem oor ses essensiële aksie-areas in hul lewens, naamlik:
Bemagtig: Neem die beheer oor jou eie lewe, jou uitkyk op die lewe, jou fisiese liggaam, jou selfbeeld, jou verhoudings, jou tyd en veral jou gesondheid.
Omhels: Leer om jouself te versorg, in plaas daarvan om te verwag dat ander jou moet versorg.
Eet: Kies die regte kos vir voeding, plesier en vertroosting.
Oefen: Kies en hou vol met die regte oefening om goeie gesondheid te behou.
Energie: Vind die korrekte balans van oefening, eet en stresverligting tegnieke wat vir jou werk.
Verryk: Stel uitdagings aan jou geestelike spiere en laat dit groei.
Om vroue te help om die beheer oor te neem oor hulle lewens, bevat die laaste hoofstuk van die boek opgedateerde inligting oor vroulike gesondheidsprobleme wat algemeen voorkom.
Hierdie boek is gepak met inligting oor alle aspekte van vrouens se gesondheid. Met gevallestudies van werklike lewenservarings in elke hoofstuk, vraelyste om jouself te toets en weeklikse “hoe om te”-planne om die beheer oor te neem oor elk van die ses areas, is die boek ’n praktiese gids tot selfverbetering.
|
|
|
|
 |  |  |