|
|
Manaka: Plek van die horings
Average customer rating: Country: South AfricaFormat: Softcover
Publisher: Human & Rousseau (Pty) LtdISBN: 9780798145640 Publication date: September 2005 Length: 213mm Width: 137mm Edition: Uitg Pages: 256
Manaka: Plek van die horings
Author: Pieter Pieterse
Please visit us again to check if it has become available
Die roman speel af in die hart van Afrika. Die reis begin in 1871 wanneer Dennis Chipman by Algoabaai aan wal gaan. Pieterse se nagelate roman speel af in die hart van Afrika. Sy kenmerkende humor loop hand aan hand met erns en besinning.
Die reis begin in 1871 wanneer Dennis Chipman by Algoabaai aan wal gaan. Met sy agtpondergeweer en sy Ierse terriër trek hy saam met transportryers noordwaarts. Teen die Zambezi draai hy wes om die kronkels en stroomversnellings te verken. Waar die Zambezi sy boggel maak, is dit nog eens noordwaarts deur die oewerruigtes. Vier geslagte later maak sy naamgenoot weer kamp aan die Zambezi, by Manaka – Plek van die Horings. Maar die sendelinge maak ook op Manaka aanspraak – en almal moet nog verby die khuta kom – in tonele waarin Pieterse se humor opnuut sy lesers se harte steel. Nie ver van Manaka af nie, haak die vierde Chipman se boot in Liabwa la Twelve vas. In die meesterlike ontknoping en slottonele loop die Chipmans en die Mulambwas se paaie ná meer as ’n eeu weer saam.
Pieter Pieterse se reis het op 17 Maart 2002 geëindig toe hy grusaam om die lewe gebring is in die land wat hy geken en liefgehad het.
Sy gedagtes dwaal oor die stil water van die Zambezi ver onder hom ... Elke mens wat doodgaan, laat iemand agter wat wonder wat van sy siel geword het.
"Pieterse se hand bly ferm op storiestuur ... 'n aangename en interessante leeservaring ... " (Bylae by Die Burger, 29 Oktober 2005, P.8).
Manaka. Plek van die Horings is set in the heart of Africa. It spans four generations and chronicles the lives of two old families. This profound novel reflects on our place in Africa and is both wry and humorous. It is published posthumously.
|
|
|
|
 |  |  |