|
|
Was R120.00Now R102.00(eB 1020)
Delivery time: Usually within 3 working days. Average customer rating: Country: South AfricaFormat: Softcover
Publisher: Tafelberg Publishers LtdISBN: 9780624042266 Publication date: January 2004 Length: 213mm Width: 137mm Edition: 1 Pages: 224 Readership: General
Dis ek Anna
Author: Elbie Lotter
Was R120.00 Now R102.00
Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan niemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is ’n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik ánderkant uitgekom het.
Dis ek, Anna is gebaseer op ’n ware verhaal. Elbie Lötter is ’n skuilnaam. Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan niemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is ’n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik ánderkant uitgekom het.
Dis ek, Anna is gebaseer op ’n ware verhaal. Elbie Lötter is ’n skuilnaam.
Write a review for this productRate this product
'n Boek vir elke ma en dogterReviewed by Unknown from Eastern Cape on 19 August 2007 514 of 1015 people found the following review helpful: Ek dink hierdie boek moet deur elke ma en dogter gelees word. As kind is ek en my susters deur dieselfde ondervinding. Ons het ook net stilgebly en die boek het gemaak dat ons uiteindelik openlik met my ma daaroor kon praat. Ek dink dis BAIE belangrik om dit te lees. En moet NOOIT vir jou kind vertel jy sal iemand dood maak wat aan hulle vat nie. Was this review helpful?
"Wie 'n oor het en kan hoor...moet luister."Reviewed by Unknown from Stellenbosch on 18 February 2008 243 of 522 people found the following review helpful: Met die onlangse koerantberigte oor die molestering van n bekende Afrikaanse sanger, is baie rowe weer opnuut oopge#*@% vir baie kinders in ons land wat aan molestering blootgestel word.
"Dis ek, Anna", is n boek wat handel oor n meisie wat deur haar stiefpa gemolesteer word. Dis n verhaal wat vertel van vernedering, woede en skuldgevoelens van n kind wie se identiteit van haar beroof is en niemand gehad het wat haar noodkreet gehoor het nie.
Die boek is in gemaklike "spreektaal" geskryf en is dus toeganklik vir enige leser. Eksplisiete woorde kom voor in die boek, maar dis n verhaal wat n ding vertel soos wat dit is.
Baie kinders word in hierdie land van ons gemolesteer, elke dag en baie van hulle het geen ondersteuningsnetwerk, of n oor om te hoor en te luister na hul noodkreet nie. Met die lees van hierdie boek besef n mens wat die realiteit van kindermolestering is. Dis n boek wat mens ruk tot in jou diepste wese en jou oë, en hopelik ook ore sal oopmaak vir wat daar buite aangaan...of dalk in jou midde. Was this review helpful?
Dis ek, AnnaReviewed by Unknown from CapeTown on 06 February 2006 1702 of 3456 people found the following review helpful: Wanneer jy hierdie boek lees, lees jy dit met gemengde gevoelens - woede, hartseer, magteloosheid, bewondering.
Ek is nie vir een oomblik spyt dat ek dit gelees het nie. Wanneer jy begin lees, kan jy nie ophou nie. 'n Mens besef nooit hoe dankbaar jy moet wees vir jou 'normale' lewe nie!
Was this review helpful?
See more reviews
Fields marked with an asterisk (*) are required
|
|
|
|
 |  |  |