|
|
Was R120.00Now R102.00(eB 1020)
Delivery time: Usually within 3 working days. Average customer rating: Country: South AfricaFormat: Softcover
Publisher: Tafelberg Publishers LtdISBN: 9780624042266 Publication date: January 2004 Length: 213mm Width: 137mm Edition: 1 Pages: 224 Readership: General
Dis ek Anna
Author: Elbie Lotter
Was R120.00 Now R102.00
Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan niemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is ’n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik ánderkant uitgekom het.
Dis ek, Anna is gebaseer op ’n ware verhaal. Elbie Lötter is ’n skuilnaam. Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan niemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is ’n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik ánderkant uitgekom het.
Dis ek, Anna is gebaseer op ’n ware verhaal. Elbie Lötter is ’n skuilnaam.
Write a review for this productRate this product
'n Boek vir elke ma en dogterReviewed by Unknown from Eastern Cape on 19 August 2007 514 of 1017 people found the following review helpful: Ek dink hierdie boek moet deur elke ma en dogter gelees word. As kind is ek en my susters deur dieselfde ondervinding. Ons het ook net stilgebly en die boek het gemaak dat ons uiteindelik openlik met my ma daaroor kon praat. Ek dink dis BAIE belangrik om dit te lees. En moet NOOIT vir jou kind vertel jy sal iemand dood maak wat aan hulle vat nie. Was this review helpful?
"Wie 'n oor het en kan hoor...moet luister."Reviewed by Unknown from Stellenbosch on 18 February 2008 244 of 523 people found the following review helpful: Met die onlangse koerantberigte oor die molestering van n bekende Afrikaanse sanger, is baie rowe weer opnuut oopge#*@% vir baie kinders in ons land wat aan molestering blootgestel word.
"Dis ek, Anna", is n boek wat handel oor n meisie wat deur haar stiefpa gemolesteer word. Dis n verhaal wat vertel van vernedering, woede en skuldgevoelens van n kind wie se identiteit van haar beroof is en niemand gehad het wat haar noodkreet gehoor het nie.
Die boek is in gemaklike "spreektaal" geskryf en is dus toeganklik vir enige leser. Eksplisiete woorde kom voor in die boek, maar dis n verhaal wat n ding vertel soos wat dit is.
Baie kinders word in hierdie land van ons gemolesteer, elke dag en baie van hulle het geen ondersteuningsnetwerk, of n oor om te hoor en te luister na hul noodkreet nie. Met die lees van hierdie boek besef n mens wat die realiteit van kindermolestering is. Dis n boek wat mens ruk tot in jou diepste wese en jou oë, en hopelik ook ore sal oopmaak vir wat daar buite aangaan...of dalk in jou midde. Was this review helpful?
Harde werklikheidReviewed by Unknown on 24 April 2007 1047 of 2149 people found the following review helpful: Dis 'n baie goeie boek. Ontstellend met tye, maar als is dit wat in die werklike lewe gebeur. Soms is dit nodig dat ons hoor en sien wat in die huis langs ons dalk aan die gebeur is. En op die manier kan ons dalk harder probeer om ons kinders te beskerm, en nie net van vreemdes nie, maar dalk van naaste familie lede!!!!
Was this review helpful?
See more reviews
Uitstekende leesstof!Reviewed by Unknown from Durban on 06 March 2007 579 of 1296 people found the following review helpful: Dit is belangrik dat elke vrou so 'n boek lees, sodat sy nooit dieselfde sal toelaat onder haar eie dak in haar eie huis nie. En omdat ek weet van soveel vrouens wat 'n soortgelyke verhaal kan vertel, is dit nodig om te besef hoeveel mense dra hierdie hoeveelheid hartseer diep binne in hulself, en niemand anders weet nie.Dit is tyd dat vrouens opstaan vir hul regte en hul vrouwees beskerm in 'n land waar sulke misdade om elke hoek loer. Was this review helpful?
Uitstekend en ongelooflik hartseerReviewed by Lizette from Bronkhorstspruit on 21 May 2006 1379 of 2862 people found the following review helpful: Dit is vir my absoluut so ongelooflik hartseer wat hierdie vrou moes deurgaan. Haar kindwees is op so wrede manier van haar af weggeneem. Dit is vir my ongelooflik dat sy bo al hierdie dinge uit gestyg het. Ek haal my hoed vir haar af! By tye kon ek nie verder lees nie want dit wat geskryf is het my te erg geraak. Wel gedaan omdat jy oorwin het!! Was this review helpful?
dis ek annaReviewed by Unknown on 01 August 2005 1101 of 2292 people found the following review helpful: Ek het die boek verskriklik geniet. Dit is 'n maklike leesboek en toe ek eers die boek begin lees kon ek hom nie neersit nie. Vir my is daar so baie lesse in die boek oor hoe belangrik die ouer-kind verhouding is, hoe wreed die wereld kan wees en hoe party mense die absolute vermoe het om, ongeag van hulle omstandighede die stukke kan optel en 'n lewe maak. Was this review helpful?
Dis ek, AnnaReviewed by Unknown from CapeTown on 06 February 2006 1702 of 3459 people found the following review helpful: Wanneer jy hierdie boek lees, lees jy dit met gemengde gevoelens - woede, hartseer, magteloosheid, bewondering.
Ek is nie vir een oomblik spyt dat ek dit gelees het nie. Wanneer jy begin lees, kan jy nie ophou nie. 'n Mens besef nooit hoe dankbaar jy moet wees vir jou 'normale' lewe nie!
Was this review helpful?
Fields marked with an asterisk (*) are required
|
|
|
|
 |  |  |