|
|
Die Engele Om My: My Stryd Met Borskanker
Was R99.95Now R92.95(eB 930)
Delivery time: Usually within 10 working days.
Average customer rating:
Country: South AfricaFormat: Softcover
Publisher: LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms)ISBN: 9780799344950 Length: 212mm Width: 137mm Pages: 112
Die Engele Om My: My Stryd Met Borskanker
Was R99.95 Now R92.95
Frieda Bernard se eerlike vertelling is ’n moet-lees; nie net vir kankerlyers nie, maar vir elkeen wat iemand ken wat teen die groot K stry. Dit gee ’n broodnodige perspektief op ’n siekte wat wêreldwyd toeneem. Bernard is ’n gebore verteller. Haar verhaal ontroer en inspireer. Ten spyte van die soms onverbloemde realistiese uitbeedlings van wat dit regtig beteken om kanker te hê, is die verhaal nooit neerdrukkend nie. Die engele om my is die ware verhaal van een vrou se stryd teen kanker. Dit is ook 'n verhaal van hoop, van vriendskap en liefde, van moed verloor, weer opstaan en telkemale weer probeer. Frieda Bernard se eerlike vertelling is 'n moet-lees; nie net vir kankerlyers nie, maar vir elkeen wat iemand ken wat teen die groot K stry. Dit gee 'n broodnodige perspektief op 'n siekte wat wereldwyd toeneem. Bernard is 'n gebore verteller. Haar verhaal ontroer en inspireer. Ten spyte van die soms onverbloemde realistiese uitbeedlings van wat dit regtig beteken om kanker te he, is die verhaal nooit neerdrukkend nie.
Write a review for this productRate this product
Daar is hoopReviewed by Allison on 15 October 2009 35 of 70 people found the following review helpful: Die groot K. ‘n Mens hoor al hoe meer van kanker, en dis ‘n vrees in almal van ons. Frieda Bernard gee ‘n pynlike blik om deur kanker gediagnoseer te word en die stryd om dit te oorwin. Die boek is opgedeel in ‘n dagboekstyl en ‘n mens stap as’t ware die pad saam met haar. Van haar chemo-sessies, die bystand wat vriende en familie bied, die eensaamheid wat haar telkemale oorval, haar veggees tot die tye waar sy alles wil prysgee en net rustig in ‘n huisie by die see kan gaan woon. Dis ‘n vertelling wat die leser meesleur en elke oomblik saam met haar beleef. Dit is sonder bejammering geskryf en haar realistiese uitbeeldings vat jou op ‘n kankerreis maar ook op ‘n familie- en vriendskapreis. Frieda is met borskanker in 1999 gediagnoseer en haar stryd om oorlewing sal kankerleiers hulle kan vereenselwig. Dit is ook vir die nie-kankerleier – Die Engele om my gee jou insig en deernis en hoe ‘n mens iemand met kanker kan bystaan. Was this review helpful?
Fields marked with an asterisk (*) are required
|
|
|
|
 |  |  |